Die Piper-vliegtuig wat die afgelope naweek by die Saldanha-lughawe tussen Vredenburg en Saldanha kort ná die landing omgeslaan het.Foto: West Coast Medical Rescue


’n Ligte vliegtuig het die afgelope Saterdag (14 Desember) by die Saldanha-lughawe kort nadat dit geland het, omgeslaan.

Sisa Majola, ’n woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaart­owerheid se ongevalle- en voorval-ondersoekafdeling, het bevestig dat ’n Piper-vliegtuig (PA38-112) by die lughawe net buite Saldanha tydens sterk wind in ’n ongeluk betrokke was.

“Die Piper-vliegtuig met [net die vlieënier] aan boord het ná landing van die aanloopbaan afgewyk, voordat dit omgeslaan en in ’n omgekeerde posisie tot stilstand gekom het.

“Die vliegtuig het aansienlike skade opgedoen, terwyl die vlieënier geringe beserings opgedoen het,” sê Majola.

Die ondersoekafdeling samel tans inligting in wat deel sal vorm van die voorlopige verslag wat binne 30 dae ná die dag van die ongeluk uitgereik word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article