Rob-waarnemings langs die kus het die afgelope paar maande aansienlik toegeneem en hoewel strandgangers, insluitend kinders, dikwels die waarnemings met opgewondenheid tegemoetgaan, het dit die soeklig geplaas op die vreemde en soms aggressiewe gedrag wat die robbe deesdae skielik openbaar. Weslander het verlede week na aanleiding van onlangse rob-aanvalle op strandgangers berig dat robbe wat aggressiewe gedrag toon, waarskynlik deur die biotoksien domoiënsuur, wat hulle deur rooigety inkry, vergiftig is (“Robbe val weens vergiftiging aan”, 26 Januarie 2023). Brett Glasby, ’n koördineerder by die V&A Waterkant se Twee Oseane-akwarium se natuurlewe-bestuursprogram, het vroeër verduidelik dit veroorsaak neurologiese skade by robbe. Dit lei daartoe dat dié robbe alle sin vir vrees verloor. Waar ’n rob, wat bedreig voel, voorheen sou vlug, sal ’n besmette rob nou terugbaklei. “Hulle gaan nie sommer dood daarvan nie, maar omdat hul vluginstink verdwyn, is hul kanse op oorlewing skraal,” het hy gesê. Dié rob, wat Saterdag (28 Januarie) by die Laaiplek-hawe gesien is, het hom egter min aan al die aandag gesteur en lekker in die sonnetjie gebak. Foto: Madelie van Tonder


Lekker in die sonnetjie

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article