G
ebraaide hoender
Bestanddele1 heel hoender, in die helfte gesny1 bottel Bertus Basson-brandrissiesousheel wortels1 heel knoffelbeet (geel indien moontlik), gesny in die helfteroosmarynoreganobasiliekruidvinkelsaadtiemieMetodeSny gleufies in die hoender en geur met sout.Verhit olyfolie in die pan.Braai hoender met die vel na ondertoe tot gekarameliseer.Voeg wortels, beet en knoffel by met speserye en brandrissiesous.Sit die pan in die oond en bak vir 40 minute teen 180°C.DrieboontjieslaaiBestanddele200 g groenbone, in kwarte1 x 410 g-blik botterbone of rooi nierbone, gedreineer1 x 410 g-blik boontjies in tamatiesous1 ui, fyn gekap

1 rooi of groen soetrissie, pitte verwyder en gekap30 ml gekapte vars pietersielie of 1 t gedroogde pietersielie10 ml suiker60 ml wit of rooi druiweasyn30 ml sonneblomolie1 klein knoffelhuisie, fyn gekapswartpeper na smaakMetode

Plaas groenbone in 2 cm water in ’n klein potjie en bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte en prut vir 10 minute of tot net sag, maar steeds heldergroen. Dreineer goed.

Meng die groen en geblikte boontjies, ui en rooi soetrissie saam.

Meng die oorblywende bestanddele. Roer by die boontjiemengsel en verkoel vir 1 uur of oornag.

Bron: www.viatv.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article