Die Harbour of Wellness span wat aan die provinsiale kompetisie deelgeneem het, is Thandi Mquali, Shandre Fortuin, Susan Duiker, Octavia Hill, Luke Samsodine en Frikkie de Klerk. Voor: Johan Bester en Mary Ann de Bruin.


Saterdag 22 April was ’n baie groot en opwindende dag vir die span van die Harbour of Wellness- sentrum vir mense met gestremdhede.

’n Span van nege lede het aan die provinsiale Para Surfing-kompetisie in Muizenberg deelgeneem. Ongelukkig kon een van die lede weens mediese komplikasies nie deelneem nie. Ongeag die gure weer, sterk branders en reën het hulle egter die water met selfvertroue en positiewe energie ingegaan.

Elkeen het ’n medalje ontvang en sal van 19 tot 21 Mei aan die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap in Durban deelneem.

Die personeel van Harbour of Wellness is baie trots op elkeen en het die afrigters, Albert Millard en Dries Millard van Extreme Surfing Abilities, vir hul toewyding en vaardighede wat hulle aan die span oorgedra het, bedank.

HoW het ook die Roxy Davis-stigting, wat die kompetisie gereël het, en alle borge wat tot die sukses van die dag bygedra het, bedank.

“Dankie gaan ook aan Sea Harvest, die Saldanha-rugbyklub, Real Time, White City Day Care, Raphael Lawrence en Chantell Arendse.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article