In Desember 2024 het Eleanor Damon van Pniël ’n opwindende leesboek en inkleurboek, The Mouse King, by die Cape Flats Literary Festival in Mitchellsplain bekendgestel. Die leesboek is deur Damon geskryf, terwyl die aparte inkleurboek deur JustDevereaux van Mitchells Plain in Kaapstad geïllustreer is. The Mouse King vertel die opwindende verhaal van ’n verwaande muis wat sy moses in die huis van ’n bejaarde paartjie teëkom. Buiten die lees- en inkleurgenot verskaf die twee boeke ook breinstimulasie in die vorm van ’n woordsoektog en ’n lys van hoe¨- en lae-frekwensie woorde. Die leesboek is beskikbaar in Afrikaans, Engels en Xhosa. Die leesboek is te koop teen R190 terwyl die inkleurboek teen R100 beskikbaar is. Skakel Damon by 072 836 1092 of e-pos eleanordamon@yahoo.com om bestellings te plaas.


Lees- en inkleurboek op rakke

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article