Carlton-Lee Green, Chanelle Bernardo, Mia van der Linde en Kayla Nell, graad 11-leerders aan die Hoërskool Hopefield, paslik geklee vir hul ervaring in die teater waar studente van die Universiteit van Kaapstad ’n demonstrasie gedoen het. Foto:


Die Universiteit van Kaapstad het verlede week ’n opedag by Vredenburg se provinsiale hospitaal gehou.

’n Groep van 30 graad 11- en matriekleerders van die Hoërskool Vredenburg, Hoërskool Hopefield, Hoërskool Weston, Hoërskool Louwville en Hoërskool Velddrif het die opedag Donderdag 26 Julie bygewoon en is aan loopbane in die mediese veld blootgestel.

Vierdejaarstudente van die universiteit het stalletjies beman met toerusting en inligtingspamflette wat verskillende mediese rigtings soos arbeidsterapie, spraakterapie, oudiologie, fisioterapie en verpleging uitbeeld.

Die studente was beskikbaar om die leerders se vrae te beantwoord en die universiteit het aansoekvorms vir die onderskeie kursusse saam met die leerders huis toe gestuur.

Sandra Adams, skakelbeampte vir die universiteit in Vredenburg, sê alle plaaslike hoërskoolleerders wat in ’n mediese rigting belangstel, is welkom om met haar te kom gesels vir leiding en nog inligting.

Skakel Adams by 022 715 1945.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article