Weskus Skool bedank die Wes-Kaapse regering wat fietse aan die dorpleerders geskenk het. Premier Alan Winde en ’n span fietsryers het by die skool stilgehou as deel van die Veilig Fietsry-toer deur die provinsie. Die skool meen dit gaan die vervoer vir die leerders vergemaklik. Dit was egter nie net die kinders wat opgewonde oor die fietse was nie, die onderwysers het die geleentheid gehad om die bekende Jan Braai te ontmoet.


Leerders trots op hul fietse

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article