Curro Langebaan vier die begin van ’n nuwe tradisie. Maandagoggende kom al die gr. 1- tot 7-leerders vir hul weeklikse vlagseremonie bymekaar, waar die skoollied met trots en uit volle bors gesing word. Die skool bedank die gr. 7-leerders van 2022 wat die nodige geld ingesamel en bygedra het om die vlagpaal te monteer en die tradisie te help vestig. Bo by die skoolvlag staan Dommo Forte (onderwyser), Izabella Schnetler (hoofmeisie), Eli van Willingh (hoofseun) en Eddie Conradie (uitvoerende skoolhoof).


Leerders hou hul vlag hoog

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article