Die woord “menseregte” gee my die idee oor die regte wat ons het, bloot omdat ons as mense bestaan.
Die regte is aan ons almal oorgeërf, ongeag nasionaliteit, geslag, kleur ens.
In die skool word ons as leerders geleer dat Menseregtedag in Suid-Afrika histories verbind is met 21 Maart 1960 en die gebeure van Sharpeville. Op daardie dag het baie mense gesterf en baie is gewond toe die polisie op ’n vreedsame skare geskiet het wat betoog het teen die wette van apartheid.
Hierdie dag was ’n bevestiging deur gewone mense wat in eenheid opgestaan het om hul regte te verkondig. Dit het ’n ikoniese datum in ons land se geskiedenis geword wat ons as Menseregtedag herdenk. Die dag moet ons as Suid-Afrikaners herinner aan die opofferings wat gepaardgegaan het met die stryd vir die bereiking van demokrasie in Suid-Afrika.
Vandag weet baie jongmense waaroor menseregte gaan, maar hulle weet nie wat die verantwoordelikheid is wat daarmee gepaardgaan nie.
Ek wil laastens net byvoeg en sê Suid-Afrikaners, oud en jonk, sal bewus van hul menseregte moet word en dat dit van die verlede nooit weer toegelaat moet word nie.. Revando van Wyk, ’n graad 12-leerder by Hoërskool Weston.





