Kinders kan al van so jonk as twee jaar oud die basiese konsep van geld aangeleer word.Foto ter illustrasie: Annie Spratt/Unsplash


“Indien daar één spesifieke versoek is wat ek sou geuiter het toe ek nog jonk was, sou dit gewees het: ‘Help ons om geldvaardige jeug op te lei, Suid-Afrika.’

Só sê Carla Oberholzer, skuldadviseur by DebtSafe.

Oberholzer sê die konsep van geld is ’n “fundamentele vaardigheid wat enige volwassene, ouer, voog, familielid of onderwyser ons jongmense kan help aanleer”.

Oberholzer moedig volwassenes aan om ’n geslag geldvaardige jongmense te help bewerkstellig, en die sleutel is om hulle al van kleins af te betrek.

DebtSafe se span het ’n ouderdomsgids saamgestel wat aan volwassenes (insluitend jonger volwassenes) idees bied om in hul finansiële jeuggebaseerde leringe in te sluit:

Kleuters (2-3-jariges)

Ouers/voogde/onderwysers kan geldvaardige kreatiewe leer inkorporeer en “denkbeeldige/fantasie-pretspel” op eenvoudige maniere aanbied om die konsep van geld/geldsake aan kleuters (twee tot driejariges) bekend te stel of oor te dra. Hier is ’n paar voorstelle vir hulle om te oorweeg:. Kleuters kan die name van munte (sente) en note (rande) begin onderskei – volwassenes kan ’n “kleurspeletjie” speel en die kinders help vertroud raak met geld. * Let wel: Hierdie soort speletjie vereis toesig wanneer met munte – R1, R2, R5, 10c, 20c en 50c – gespeel word.. Kleuters kan die basiese beginsels van “sake doen” begin verstaan deur geld/speelgeld vir goedere te verruil. “Inkopies by die huis” speel is groot pret en baie leersaam.

Voorskoolse leerders (3-5-jariges)

Volwassenes word aangemoedig om drie- tot vyfjarigestoe te laat om aan geldvaardige, opvoedkundige aktiwiteite deel te neem:. Verbeelding verwante speel-inisiatiewe soos “restaurant-restaurant” of “kruidenierswinkel” kan vaardighede insluit soos om goeie maniere aan te leer en kleingeld as kassier te bereken.. Om take vir sakgeld te verrig, bied opvoedkundige geleenthede. Én moenie van die tasbare “voel”-konsep vergeet wat ’n spaarvarkie ’n kind sal kan leer nie.

Deur die bogenoemde voorbeelde in te sluit, kan voorskoolse kinders die geldkonsep begin begryp en ’n basiese begrip verkry dat ’n mens “rekeninge” het wat betaal moet word.

Graadskoolleerders (6-12-jariges)

Ouers/voogde kan verskeie dinge doen om ses- tot 12-jariges se geldbewustheid en -vaardighede te help verskerp, byvoorbeeld:.Open ’n bankrekening spesifiek vir kinders: Verskeie Suid-Afrikaanse banke bied hierdie rekeninge teen ’n gratis diensfooi (R0.00) aan asook spesiaal-ontwerpte belonings wat op kinders van toepassing is.. Vergelykingskonsepte tydens inkopies: Kinders kan opvoedkundige inkopie-uitstappies hou om winskopies raak te sien (vergelyk generiese produkte teenoor die handelsnaamprodukte se pryse, byvoorbeeld).

Tieners (12-18-jariges)

Glo dit of nie, ouers kan 12- tot 18-jariges wel ’n paar finansiële lesse laat leer om hulle te help om geldvaardige rentmeesters te word. Hier is ’n paar idees:. Tieners se sakgeld is geneig om vinnig op te raak tussen middagetegeld, skoolbenodigdhede en ander behoeftes. Ouers word aangemoedig om hul kinders te help om ’n begroting op te stel juis sodat hulle kan onderskei tussen dit wat hulle “wil hê” en dit wat hulle “moet hê” (werklike behoeftes).. Verskeie bank-/foontoepassings is vir kinders beskikbaar indien ouers dit by hul aktiwiteite en leerbesprekings wil insluit. Verskeie programme is ook beskikbaar, soos byvoorbeeld MoneyTime of StarSaver, wat hulle kan help om toe te sien dat tieners verskeie finansiële vaardighede leer. . Niks is beter as om die konsep van geld te help verduidelik wanneer dit by liefdadigheid kom nie (kinders kan organisasies kies waartoe hulle graag wil bydra).

“ ‘Maatskaplike verantwoordelikheid’-inisiatiewe bied leerbare oomblikke en dit is ’n langtermyn-geldgedragbelegging vir enige tiener,” beklemtoon Oberholzer.


. Weslander
sal aanstaande week wenke vir jong volwassenes (18 tot 30 jaar oud) plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article