In Suid-Afrika is 29% van alle verdrinkings kinders onder die ouderdom van 14.
Verdrinking is voorkombaar en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) doen al vir jare baanbrekerswerk met betrekking tot verdrinkingvoorkomingsinisiatiewe.
Die NSRI se waterveiligheidsprogram het in 2006 begin. Die program fokus daarop om mense oor Suid-Afrika heen en in besonder kinders oor waterveiligheid te leer.
Die NSRI se program bied ’n doeltreffende waterveiligheidskurrikulum aan om bewustheid te skep oor die gevare van water, wat om te doen as iemand in die moeilikheid beland, hoe om ’n vriend in nood te help, en hoe om kardiopulmonêre resussitasie toe te pas op iemand wat nie asemhaal nie.
Vandag het die NSRI 21 voltydse instrukteurs wat skole oor die land heen besoek om kinders oor waterveiligheidskwessies te leer.
Skakel die plaaslike NSRI-tak by 082 990 5966 (Mykonos – Langebaan).




