Die gewilde kykNET Buite Ekspo Wes Kaap is terug!Foto: J Berto V


Dis weer tyd vir die gewilde kykNET Buite-ekspo Wes-Kaap, wat vanjaar van 8 tot 10 Maart oudergewoonte op die plaas Môreson net buite Malmesbury sal plaasvind.

Die ekspo beloof om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is op die talle buitelewe-uitstallers wat van die nuutste produkte tans beskikbaar in die kampeer- en 4×4-mark aanbied.

Mahindra Claremont is ook teenwoordig met veldry-ervarings en ook sy Maniac 4×4. Hier kan lede van die publiek gratis saam met ervare bestuurders ry en sien waartoe hierdie geharde voertuie in staat is.

’n Lekker braai met ’n twist-kompetisie sal weer aangebied word, saam met Jimmy’s Sauces en kykNET-akteurs – en moenie vergeet van die Hankook-kunstenaars wat gaan optree nie.

Kom ry ook gratis saam die immergewilde “Mnr. 4×4” – André de Villiers van André 4×4 en aanbieder van 4×4 met André op kykNET. Hierdie ervaring in verskillende Mahindra-voertuie word deur Mahindra Claremont geborg.

Vir die vroue sal daar ’n Fines 4 U kuns- en snuffelmark wees, waar ’n groot verskeidenheid gehalte-produkte beskikbaar sal wees.

Lollos verras weer die kinders Sondagoggend met een van sy bobaas-vertonings.

Kampering op die Môreson-terrein kan bespreek word by admin@moresonmalmesbury.co.za en goed toegeruste glamping-tente by admin@you2camp.com

Kaartjies vir dagbesoekers is beskikbaar deur TicketPro by ekspo.co.za en ook by die hekke gedurende die ekspo. Pryse wissel tussen R30 vir kinders tot R100 vir volwassenes, afhangend van die dag. Naweekpakkette is ook beskikbaar.

Kontak Tersia by accounts@ekspo.co.za met enige navrae. Besoek gerus ook die webwerf www.ekspo.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article