Talle atlete het onlangs na die Langebaan Country Estate (LCE) gehaas om aan die jaarlikse LCE-halfmarathon deel te neem.
Atlete kon aan die 21,1 km, 10 km of 5 km-pretwedloop deelneem.
Al die roetes het op die landgoed begin en geëindig, maar diegene wat die langer roetes aangepak het, moes ook teen die berugte Swart Mambo-heuwel opdraf.
Die geleentheid is deur die Langebaan-atletiekklub aangebied.
Die wenners was:
5 km- algehele wenners – vroue:
1. Angell Pholman, Langebaan Atletiekklub
2. Poschnecia Adams, Laurie Hugo PS
3. Samantha Dollie, Langebaan AC
5 km- algehele wenners – mans:
1. Breyton de Bruin, Langebaan AC
2. Alfonso Jordaan, Langebaan Strandlopers
3. Duran Nieholtz, Langebaan Strandlopers
10 km- algehele wenners – vroue:
1. Ashali Pholman 42:34, Langebaan Atletiekklub
2. Pamela Moyikwa 46:24, Khayelitsha AC
3. Deniah McDonald 47:20, Langebaan AC
21,1 km- algehele wenners – vroue:
1. Busisiwe Matiwane 01:42:46 (rekord). Nedbank Hardloopklub
2. Stephanie van Zyl 01:44:50, Club Mykonos MS
3. Siposethu Legoqbe 01:50:51, Temp Runner
21,1 km- algehele wenners – mans:
1. William Kaptein 01:09:31 (rekord), Langa Thymebank AC
2. Godwin Swartz 01:10:13, Boxer AC
3. Angelo Booysen 01:11:24 (tydelik)





