Die atlete het die koue weerstoestande getrotseer en het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Hulle het onder meer in die 5 km- en 10 km-wedlope oorheers.
Die uitslae is soos volg:
. Vroue 5 km – Samantha Dollie, 1ste plek (Langebaan AC)
. Mans 5 km – Jordan Willemse, 1ste (Langebaan AC); Xavier Swarts, 4de; Evan Berling, 6de; Jabu Adams, 7de; Kaleb Smith, 8ste.
. Vroue 10 km, 15 jaar- ouderdomskategorie – Ashali Pholman, 1ste en Deniah McDonald 2de.
. 50+ ouderdomskategorie:
Anita Davids, 2de.
Dié drie vroue en Sue-Ann Williams het ook die eerste plek-spanprys in die 10 km gewen.
. Mans 10 km – Emmanuel Fredericks, 1ste, Lorenzo Pieters, 4de, albei van Langebaan AC.





