Sisonke Werkswinkel ’n program van Siyabonga Care Village hou ’n sportdag vandag (Donderdag 27 April).
Verskeie organisasies sonder winsoogmerk gaan op dié dag by die Laingville-sportterrein bymekaarkom met die doel om geld vir Siyabonga Care Village in te samel.
Die geleentheid begin om 08:30. Natachia Williams, ’n projekbestuurder van Sisonke, sê baie opwindende gebeure sal deur die loop van die dag plaasvind.
’n “Bewusmaking”-stap word aangebied, sowel as ’n potjiekos kompetisie, ’n rugbywedstryd tussen die Vredenburg en St. Helenabaai-rugbyklubs, en stalletjies en meer sal beskikbaar wees.
Die publiek word aangemoedig om die dag by te woon en te ondersteun. Inskrywings vir die potjiekos-kompetisie kos R300.
Toegang by die hek is R10 per motor, R10 vir volwassenes en R5 vir kinders.
Maak seker jy loop dit nie mis nie.


