Die Darling-rolbalklub het Saterdag (15 April) sy jaarlikse Ron Bulford-rolbaltoernooi aangebied. Sestien spanne het om hierdie spesiale trofee teen mekaar meegeding. Dit was ’n heerlike dag wat volgens die plaaslike spelers van die Lagoon-rolbalklub baie goed georganiseer was. Dié Weskus-span het koning gekraai. Die spelers is Fanie van Rooyen, Jannie Roos en Penny Sackim, saam met (agter) die wedstryd-sekretaris Duane Petzer. Die kompetisie is in 2020 begin en die Lagoon-rolbalklub het dit nou reeds vier keer gewen.


Lagoon-rolbalklub wen vierde keer

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article