Wes-Boland-laerskolerugby het die Boland-o.13-rugbyproewe Saterdag 21 en Sondag 22 Mei by die Weskus Spesiale Skool in Saldanha aangebied. Ses streke van die Boland het aan die proewe deelgeneem. Hierdie ses was Suid-Boland, Noord-Boland, Noordwes-Boland, Boland-Sentraal, Wes-Boland en Witzenberg. Agt van die 12 seuns wat gekies is, is van die Weskus deur na die finale Boland-proewe. Die finale Boland-proewe word hierdie naweek (Vrydag 27 en Saterdag 28 Mei) in Worcester gespeel. Wes-Boland-laerskole het die Weskus Spesiale Skool vir hul rugbyveld en koshuis bedank. Bo speel Wes-Boland (groen) teen Suid-Boland.


Laerskolerugby

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article