Mariné Grobler (11) haal hier haar heel beste uit in die 100 m-naelloop by die sonebyeenkoms wat in Vreden­burg gehou is.


Laerskoolatlete van Vredenburg, Paternoster en Green Village het sake Vrydag 26 Januarie uitgespook om plekke te kry by die Vredenburg-sonebyeenkoms by die Vredenburg-sportterrein.

Atlete van St Augustine Primêr, Jurie Hayes Primêr, Laerskool Vredenburg, Masiphatisane Primêr, Laerskool Langebaanweg, Hoërskool Hopefield (laerskoolatlete), Eden Primêr en Panorama Primêr het teen mekaar deelgeneem.

Volgens Konrad Toerien van Laerskool Vredenburg roteer die verantwoordelikheid om die sonebyeenkoms aan te bied jaarliks en vanjaar het Masiphatisane Primêr dit aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article