Saterdag is die dag waarop vanjaar se laaste Weskus Street Mile-wedloop gehardloop word!
Die eerste amptelike wedloop het Saterdag 27 Mei plaasgevind en nou sal die wenners gekroon word.
Deelnemers van nege tot 70 jaar en ouer het aan die onderskeie weeklikse wedlope deur Langebaan deelgeneem.
Prysgeld ter waarde van R56 000 is op die spel. Die skool met die meeste inskrywings wen ook ’n trofee en geldprys.
Vir meer inligting, besoek Langebaan-atletiekklub se Facebookblad of www.langebaanathleticclub.co.za


