Die musiekkunstenaar Magdel Spanellis van Gansbaai tree op by Laaiplek se hawefees.


Die eerste Laaiplek-hawefees was ’n groot leerskool, sê Natasha Tolken, organiseerder van dié fees.

Die fees het van Vrydag 16 tot Sondag 18 Desember 2022 plaasgevind.

Alhoewel die weer nie gunstig was op die Vrydag nie, het mense die Saterdag weer hul pad terug na die fees gevind.

“Saterdag vroegoggend het die mense begin inkom, ons het ’n baie besige program propvol Weskus-kunstenaars gehad.”

Tolken vertel dat gaste definitief die vermaak geniet het en dat mense behoorlik die dansvloer ingewy het.

Sy glo dat almal by die fees baat gevind het en dat almal as ’n span saamgewerk het.

Tolken beplan nog ’n fees hierdie jaar, met nog meer interessante en opwindende gebeure.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article