Blommetyd roep alle kunstenaars nader om hul kreatiewe denke en kwaste af te stof en die ondervinding vir die Weskus-besoeker onvergeetlik te maak.

Die Langebaan-kunstenaars en eienaars van Segulah Art, Wim en Magriet Kruger, hou hul eerste uitstalling in blommetyd van Saterdag 20 tot Saterdag 27 Augustus by Always Summer in Hoofstraat, Langebaan. Hul doel is nie net om Langebaan-kunstenaars blootstelling te gee nie, maar ook om kunstenaars in die omliggende dorpe soos Saldanha, Hopefield en Jacobsbaai te erken.

Segulah Art is gestig om kunste in die Weskus te bevorder en as verteenwoordiger vir bekende en opkomende kunstenaars op te tree.

Volgens Wim en Magriet is hul plan nie om bestaande instansies te vervang nie, maar om eerder positief tot ontwikkeling in kuns en kultuur in die Weskus by te dra.

Hulle sê kuns en kultuur vorm die grondslag van enige gemeenskap se intergrenslike ontwikkeling op ’n vrolike en speelse manier.

“Om die bekende kunstenaars van ons kontrei by ons platform betrokke te kry, maak ons ’n deur oop vir jong kunstenaars om goeie blootstelling en aanmoediging te verkry en terselfdertyd nuwe idees en tegnieke te ontwikkel om hulself na suksesvolle hoogtes te neem, waar hulle weer insae in die [plaaslike] gemeenskap kan gee.”. Plaaslike Weskus-kunstenaars wat belangstel om Segulah vir toekomstige uitstallings te nader, kan e-pos stuur na segulahart@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article