Rikus Nel is die hoofmusiekkunstenaar by die Weskus-kuierkonsert.


Mense gaan vanjaar weer by die Weskus-kuierkonsert behoorlik kan kuier.

Die tweede Weskus-kuierkonsert vind Saterdag 1 April by die Laaiplek-hotel in Velddrif plaas.

Gaste het verlede jaar die heerlike samesyn, dans en musiek geniet. Vanjaar kan hulle weer uitsien na die wonderlike atmosfeer met soveel meer wat vir almal aangebied word.

Maak seker jy trek jou dansskoene aan, want die hoofmusiekkunstenaar vir die dag is die bekende Afrikaanse sanger Rikus Nel en sy orkes.

Ander wat ook vermaak sal verskaf, is Wouter van der Venter, oom Karolus en Lente en meer.

Die organiseerder Steyn Fourie sê feesgangers sal heeldag kan kuier. “Wat dit nog meer uniek maak, is dat ons met ’n heel eerste in Suid Afrika begin – ’n sleepwa-agteruitry-kompetisie – en inskrywings is gratis. Mense moet voor Maandag 20 Februarie vir dié kompetisie inskryf.”

Dié wat lief is vir ’n bietjie meer opwinding kan uitsien na Rock Star Wrestling soos die Weskus nog nooit gesien het nie.

Kinders kan ook die dag geniet met pretaktiwiteite soos vang-’n-vis, ’n springkasteel, inkleurkompetisie, teikenskiet, pyl-en-boog-skiet en vele meer.

Die Weskus-kuierkonsert bied sowaar iets vir almal – oud en jonk.

Groot pryse, wat jy nie wil misloop nie, is ook op die spel.

Heerlike Weskus-kos en ander etes sal te koop wees om honger mae te vul.

Soos Steyn voorheen gesê het: “Dit is die grootste konsert wat Laaiplek nog ooit aangebied het. Dit is ’n alles-in-een- gesellige kuierkonsert met vermaak vir oud en jonk en bied baie meer waarde as dit waarvoor jy sal betaal.”

Maak seker jy loop nie hierdie jaar se Weskus-kuierkonsert mis nie. Kaartjies kos R175 vir volwassenes, R70 vir hoërskoolleerders, R40 vir laerskoolleerders en is gratis vir voorskoolse kinders.

Kaartjies word by Laaiplek Spar en Velddrif OK Foods verkoop. Vir verdere inligting skakel 071 501 7460.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article