Die openingskolwers Chad Ayford en Eathan Cunningham het ’n goeie grondslag vir die Krewe in die kwarteindstryd op Bolandpark in die Superliga gelê.Foto: David Rossouw


Die Krewe van Vredenburg/Saldanha het Woensdagaand (12 Februarie) ná ’n skitterende oorwinning van ses paaltjies oor die Young Peoples-krieketklub vir die Boland-T20-Superliga-eindstryd gekwalifiseer.

Die span van Thomas Kannemeyer het Young Peoples in sy toegelate 20 boulbeurte tot 111/9 beperk.

Neil Lochner (3), Devon Smith (2) en Eathan Cullinghan (2) het die Krewe op die wenpad geplaas toe hulle sewe paaltjies platgetrek het, terwyl Giovanni Hulley en Nathan Engelbrecht elkeen ’n kolwer vir onderskeidelik sewe lopies en ’n nulletjie uitgehardloop het.

Dit het Chad Ayford (5), Cullingham (31), Hulley (23), André Hanekom (12), Kannemeyer (11) en Engelbrecht (24) net 17.4 boulbeurte geneem om 114/5 aan te teken, insluitend nege ek bylopies.

Hulle het met dié oorwinning na die eindstryd teen Paarl deurgedring, wat die gunsteling, die Maties, in die eerste halfeindstryd vroeër Woensdagmiddag met 12 lopies geklop het.

Die Krewe en Paarl pak mekaar vanaand (Donderdag 13 Februarie) op Bolandpark om 18:30 om die kampioenskaptitel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article