Niks lekkerder as vars gebraaide kreef op die kole nie. Maak net seker jy vang op die wettige dae, met ’n permit.Foto: West Coast Way


Die wéttige kreefduikseisoen breek op Maandag 16 Desember aan.

Duikers mag net vir twaalf bepaalde dae met die nodige permitte in die Weskus kreef vang.

Benewens Maandag 16 Desember mag kreef uitgehaal word op Sondag 29 Desember tot Woensdag 1 Januarie, op Saterdag 4 Januarie en Sondag 5 Januarie, op Sondag 12 Januarie, op Woensdag 12 Maart, op Saterdag 22 Maart, en op Saterdag 29 Maart en Sondag 30 Maart.

Kreef mag net tussen 08:00 en 16:00 uitgehaal word.

Permitte sal net toegeken word aan volwassenes en kinders ouer as twaalf jaar.

’n Ontspanningskreefduikpermit laat net die vang, hou, beheer en vervoer van vier krewe per persoon per dag toe.

Die lengte van die kreef se karapaks (rugdop) moet minstens 80 mm wees.

So ’n ontspannings­kreefduikpermit kos R94 en is geldig vir die hele seisoen.

Dit kan by die poskantoor of aanlyn by www.fishing.dffe.gov.za gekoop word.

Die permit gee nié die houer die reg om kreef te verkoop nie.

Die kreef moet ook heel gehou word terwyl dit vervoer word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article