Leonie Vorster (links), wat die Saldanhabaai-halfmarathon in samewerking met Lans Pepler, eienaar van Onsite Events, die lig laat sien het.Foto’s: Noluvu Ludidi


Jonk en oud het vanjaar aan die tweede Saldanhabaai-halfmarathon deelgeneem.

Altesaam 562 deelnemers het deelgeneem – baie meer as die jaar tevore. Die halfmarathon het Saterdag 15 Junie by die White City Multipurpose-sentrum begin en geëindig.

Mense het aan die 5 km-, 10 km- en 21 km-wedlope deelgeneem. Dié vroeë oggendkoue het nie ’n demper op die deelnemers se gees en opgewondenheid geplaas nie.

Volgens Leonie Vorster, een van die organiseerders, was die dag ’n sukses.

“Ons gaan definitief weer volgende jaar ’n halfmarathon hou,” sê Vorster.

Sy bedank elkeen wat deelgeneem het, asook alle borge en Saldanhabaai-munisipaliteit se verkeer- en wetstoepassingsafdelings.

Die uitslae:

. 10-km-wenners:

Manswedloop: Sihle Magolorana – 32 minute en 31 sekondes;

Vrouewedloop: Emmerentia Lepati – 45:10.

. 21-km-wenners:

Manswedloop:

Eerste: Awonke Jambase – 1 uur 12 minute en twee sekondes;

Tweede: Kyle Breda – 01:14:13,

Derde: Alfred Paulse – 01:18:08.

Vrouewedloop:

Eerste: Nicole Schoonbee – 01:32:13,

Tweede: Nolovuyo Nxokwana – 01:37:17,

Derde: Sumari Milner – 01:37:41.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article