Leerders van Piketberg kon met trots hul eerste skooldag bywoon. Die “Back to School”-inisiatief het op Maandag 15 Januarie plaasgevind. Die 350 leerders se hare is gevleg, geskeer en mooigemaak vir hul eerste dag terug. Die inisiatief is deur Ray van Rooy, Bergrivier-munisipaliteit se burgemeester asook Wyk 4-raadslid in Piketberg, aangebied. Van Rooy bedank alle rolspelers wat die dag ’n sukses gemaak het. “Alles was gratis en is deur vrywilligers en mense in die gemeenskap- werkersprogram gedoen. Ons bedank ook alle borge vir die haarmiddels, verversings en drinkgoed.


Kort hare maak slim

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article