Die Koringberg-rugbyklub het die afgelope Saterdag (13 Desember) sy jaarlikse brekeruitdeling gehou en spelers en ondersteuners vir hul bydrae in 2025 vereer.

Volgens die voorsitter, Arrie Maarman, was dit ‘n jaar vol uitdagings én mylpale vir die klub. Die seisoen het met ‘n nuwe bestuursbenadering begin, waarvolgens lede hul intreegeld moes betaal om ‘n vergadering in Wellington by te woon. Hoewel dit uitdagend was, glo Maarman dit het ‘n gevoel van verantwoordelikheid en toewyding gevestig.

Koringberg speler van die jaar Edwayne van Wyk saam Nellie Fortuin borg van beker.

Hy benadruk dat die klub se bestuurslede mense van geloof is en dat alles wat bereik is, gedoen is in afhanklikheid van hul Hemelse Vader. Dié geloof het die klub deur uitdagings gedra en gelei tot prestasies waarop hulle trots kan wees.

‘n Belangrike hoogtepunt was Koringberg se tweede plek in die Streekuitdaag- Super 16-kompetisie, wat aan hom die reg besorg het om in 2026 aan die Swartland-Grootuitdaag deel te neem.

Maarman het alle spelers, ondersteuners, die Swartland-gemeenskap en borge vir hul ondersteuning bedank en sê die klub sien daarna uit om almal in 2026 trots te maak.

Wenners: Beste vordering: Lee-Xavier van Wyk; Mees lojale speler: Grant McDillon; Veelsydige voorspeler: Euwin Persens; Belowende jong speler: Junior Faro; Veelsydige agterspeler: Jason Jacobus; Opkomende jong speler: Alfredo Mentoor; Meeste drieë: Shain Maarman; Meeste punte: Winston Lee van Wyk; Uitmuntende speler: Christopher Pasens; Toeskouers se speler: Francisco Windvoel; Voorspeler van die jaar: Robin Jagers; en Agterspeler van die jaar: Jemeleo Goliath.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article