Om die jeug saam onder een dak te kry is die missie van Natasha Jantjies, stigter van die niewinsgewende organisasie Inspiration.

In samewerking met Ebete Production House, beplan Jantjies om ’n jeuginspirasie-konsert Vrydag 25 Februarie te hou.

Jantjies, ’n inwoner van Langebaan, beklemtoon dat daar die afgelope tyd baie geweld in die dorp was en dat dié konsert jongmense bymekaar sal bring in ’n positiewe en gesonde ruimte.

Verskeie musiekkunstenaars sal optree soos Matthew Joyner, Koningskind, Rozette, Tess E. en meer. Julian Tsepo (Boera Jules) en Bubblegum sal ook ’n verskyning maak.

Die konsert sal by die Seabreeze-saal in Langebaan van 18:00 tot 22:00 plaasvind.

Kaartjies vir kinders tussen vyf en 12 jaar is R30. Kaartjies vir 13 jaar en ouer is R50. Vir nog inligting en om kaartjies te bespreek, bel Jantjies op 076 582 5959 of Petra Mei op 061 051 7433.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article