Die visvangregte vir kommersiële vissers is onlangs toegeken.


Die visvangregte vir kommersiële vissers is onlangs toegeken met die laaste van die appèlle wat teen Februarie afgehandel sal word.

Volgens die departement van bosbou, visserye en die omgewing is 2 473 aansoeke vir die toekenning van kommersiële visvangregte in ooreenstemming met die Visregtetoekenningsproses (FRAP 2021/2022) ontvang. Hierdie regte was vir vangste wat sardientjies en ansjovis, stokvis-langlyn asook stokvis-diepsee-treil insluit.

Die departement het uiteindelik 1 213 appèlle vanuit al nege sektore ontvang.

Die direktoraat vir appèlle en regsoorsig binne die departement is verantwoordelik vir die administrasie van die FRAP 2021-’22- proses, maar ’n addisionele appèl-adviesspan is ook aangestel. Teen Vrydag 2 Desember het minister Barbara Creecy die eerste fase van die appèlproses afgehandel.

Fase 2, wat spesifiek die appèlle binne die Suidkus-kreef en tunasektor aanspreek, sal volgens die departement teen die einde van Februarie afgehandel wees.

Die Appèldirektoraat het intussen ook met die verwerking en administrasie van appèlle in fase 3 (tradisionele lynvis en inkvis) en fase 4 (klein pelagiese sektor) van die proses begin.

Volgens die departement sal dit deurlopend die vordering van die appèlproses op die departement se webblad www.dffe.gov.za publiseer.

Die departement poog om die appèlproses voor die einde van 2023 te voltooi.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article