Die Piketberg-biblioteek se nuwe tuin bied ’n leeshoekie met bankies en gratis Wifi aan die publiek.


Die Piketberg-biblioteek pronk met ’n nuwe tuin waar die publiek kan kom lees of ontspan.

Volgens Matthew Sheldon, ’n woordvoerder van die Bergrivier-munisipaliteit (BM), is daar bankies in die omheinde tuin en gratis Wifi is beskikbaar sodat besoekers kan aanteken terwyl hulle tyd in die tuin verwyl.

Gerna Croeser, BM se hoof van biblioteekdienste, sê Moira van der Westhuizen het met die beplanning van die tuinuitleg gehelp en ook van die plante vir die tuin geskenk.

Sy en haar tuinier, die biblioteek-personeel en die BM se parkespan het almal hand bygesit met die grondvoorbereiding en plantwerk.

Sheldon nooi graag inwoners namens die biblioteek se personeel om die nuwe tuin te kom besoek en te geniet.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article