Deon Lotz en Brendon Daniels in die verhoogproduksie Kamp.Foto: Guys Loubser


Kamp, ’n komedie deur Ferdinand Bekker met Deon Lotz en Brendon Daniels, word by Die Koelkamers aangebied.

Daniels is Claassen in die rolverdeling. Claassen is in sy laat veertigs en het ’n vrou in haar vroeë dertigs. Hy is ook ’n rolprentvervaardiger. Hy het selfs in sy jeug teaterproduksies vervaardig. Hy beskou homself as ’n kunstenaar, maar is eintlik net ’n sakeman.

Daniels is al verskeie kere vir sy teater- en filmwerk bekroon. Hy was al te siene in Boland Moorde, Fynskrif, Sara se geheim, Four Corners en talle ander rolprente en reekse.

Lotz is Godritch, ’n man in sy vyftigs en suksesvol as ’n entrepreneur. Hy was al twee keer getroud en het sewe kinders. Hy beskou homself as ’n kranige sportman, maar speel eintlik net gholf. Lotz was al te siene in talle rolle op die verhoog, op televisie en die silwerdoek, soos in Die Byl, Dis koue kos, skat, Legacy en Griekwastad.

Kamp wordSaterdag 17 September om 17:00 opgevoer. Kaartjies kos tussen R120 en R240. Bespreek by www.diekoelkamers.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article