Die Transnet Phelophepa-trein het weer ’n draai in Saldanha kom maak.
Inwoners is welkom om die trein te besoek.
Verskeie dienste is gratis met die res wat teen ’n minimale kostes beskikbaar gestel word. Besoekers moet liefs vroeg aanmeld aangesien dit first come, first serve is.
Opvoedkundige gesondheidsdienste is gratis asook toetse vir HIV en TB, en diegene wat hul Covid-19-inenting kort, kan dit ook hier kry.
Toetse vir diabetes is ook gratis, terwyl enige medikasie R5 sal kos.
Is dit tyd vir ’n oogtoets? Laat jou oë toets. ’n Bril kos R30 en oogdruppels kos R5.
Indien berading of sielkundige ondersteuning nodig is, besoek ook gerus die trein. Inwoners wat ondersteuning nodig het weens mishandeling, dood, of hulp met ouerskap nodig het, kan hier hulp vind.
Inwoners kan hul tande in die trein se tandekliniek laat skoonmaak en stoppels kry. Kinders onder 15 jaar hoef nie te betaal nie, maar vir grootmense sal dit R10 kos.
Onthou om die nodige kliniekkaarte saam te bring asook jou kinders se immuniteitskaarte. Besoek die trein vandag en môre (12 en 13 Oktober), en dan weer Maandag (16 Oktober) tot Vrydag (20 Oktober) volgende week.. Kontak Andile Masondo by 060 467 7590 of Fikile Ntshingila by 084 211 0640 vir meer inligting.




