Die personeel van Elektro Diesel Motolek in Vredenburg het met harde werk, toewyding en geloof ’n tjek vir R110 500 aan hul kollega Patrick Brown oorhandig.

’n Ernstige niersiekte is by Brown gediagnoseer en die span het dit sy missie gemaak om geld in te samel om hom met geld vir sy nierbehandeling te help.

Hulle het dié doelwit deur die verkope van burgers en soetgoed sowel as ’n Backabuddy-veldtog met die hulp van die gemeenskap bereik.

Volgens Nerina Hanekom, ’n mede-eienaar van Motolek, was dit ongelooflik om te sien hoe mense in die gemeenskap hul harte en beursies oopgemaak en skenkings en hul tyd gegee het om by te dra. “My dankbaarheid het geen grense nie. Hierdie hele pad het ons gewys God bestaan. Ons is nie in hierdie onderneming geplaas om net te kom geld maak en vanaand hier uit te stap nie. Ons moet en wil ’n verskil maak. Ons by Motolek is ’n familie.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article