Die Koelkamers bied Saterdag (13 Julie) ’n dag propvol vertonings en ook ’n dag met iets vir almal aan.. Om 11:00 word kinderteater aangebied – Janneman in die diereryk, met Jackie en Riku Lätti. Kom klim saam met Jackie en Riku op die stoomtrein om weggevoer te word na ’n oerwoud waar ons diertjies en dinge ontmoet wat ons sal laat lag en sing en speel en wat nog alles verbeel. Kom ontmoet ook vir Janneman. Hy is die stoutste seuntjie wat daar nog was. Kaartjies kos R115..Die Ongetemde Stem is ’n herontdekking van Afrikaanse musiek en begin om 13:00. Ontdek die ongetemde stemme van Afrikaanse musiek. Die taal het talle variante, maar die stem van die meerderheid word steeds in die doofpot gestop deur ’n stelsel wat ontwerp is om net een skakering lugtyd te gee. Kaartjies kos R70.. Om 15:00 vind drie boekbekendstellings deur drie skrywers plaas. Toegang is gratis..Ruk en rap op die wasgoedlyn met Churchill Naudé, Jackie en Riku Lätti om 17:00. Kom luister na oorspronklike en onopgesmukte Afrikaanse musiek op sy heel beste – magtige woorde met magiese melodieë wat na ons wêreld met nuwe oë kyk. Kaartjies kos tussen R115 en R230.

. Besoek www.diekoelkamers.com vir aanlyn besprekings.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article