Die klubkrieketseisoen is aan die gang en plaaslike spelers is goed op dreef.
Paternoster en St. Helenabaai het die afgelope naweek kragte gemeet met die manne van Pato wat eerste hand aan die kolf geslaan het. Dié span het 255 lopies aangeteken danksy Brydon Bailey (53 lopies), Theo Karolus (42) asook Liam Bailey en Howard Duiker wat elk 36 lopies op die telbord laat aanteken het.
Duran van Hooi was St. Helena se beste bouler en het in sy 10 beurte vyf paaltjies vir 48 lopies platgetrek. Die kolwers van Van Hooi se span kon net 50 lopies aanteken.
Die Agterbaaise span se beste bouler was Brydon Bailey wat ses boulbeurte afgestuur en ses paaltjies vir agt lopies geneem het. Luciano George het ook ’n goeie vertoning gelewer en op sy beurt drie paaltjies vir 18 lopies in sewe beurte geneem.
Paternoster het met 205 paaltjies geseëvier.
Ander uitslae van die Boland-liga
. Premierliga – Victoriane teen Vredenburg/Saldanha Krewe: Krewe 131 (H. Hulley 47; S. Holmes 5/18). Victoriane 132/4 (K. Goodeke 76*/ N. Lochner 2/37). Victoriane wen.. Promosieliga – Clanwilliam Essex teen Piketberg: Piketberg 265/6 (J. Hine 69; P. Diedrich 68; J. Erasmus 45). Essex 124 (A. Barrows 28; W. Fortuin 3/24). Piketberg wen met 141 lopies.. Young Peoples t. Bergrivier: Bergrivier 135 (G. Pietersen 51; N. van Niekerk 3/24, K. Fortuin 3/24). Young Peoples 139/4 (J. Adams 62, L. Jacobs 41, B. Pretorius 2/23). Young Peoples wen met ses paaltjies.



