’n Medalje van die SA meesterskampioenskap in Gauteng het na die Weskus gereis danksy die prestasies van ’n plaaslike satleet.
Lede van die Salkoriane-atletiekklub het vir die kampioenskap van 5 tot 7 Mei na die Pilditch-stadion in Pretoria gereis.
Drie weke ná die Suid-Afrikaanse meesterskampioenskap kan die klublid Hennie Basson nou met sy silwer kampioenskap-medalje spog. Basson was tweede in die verspring-item.
Basson het nie die oorhandigingseremonie bygewoon nie en eers later besef hy het sonder sy medalje huis toe gekeer.
Sy mede-klublede het onlangs bymekaargekom om die medalje amptelik te oorhandig en ’n foto van die geleentheid te neem.




