’n Voorval in Moorreesburg het leerders van Hoërskool Piketberg en Piketberg Dirkie Uys getraumatiseer gelaat.

Leerders het Donderdag 4 Augustus aan ’n sportgeleentheid by die Gene Louw-stadion in Moorreesburg deelgeneem, waarna hul busse, nadat hulle die stadion verlaat het, onder die klippe gesteek is.

Volgens ’n amptelike verklaring deur Hoërskool Dirkie Uys is die mense betrokke by die voorval geensins met enige van die twee skole verbind nie. Volgens die verklaring vra die skool dat enigiemand in die gemeenskap met nadere inligting die skool sal kontak.

Hoërskool Piketberg het ook in ’n verklaring gevra enigiemand met inligting moet na vore kom.

Die skool het ook WhatsApp-boodskappe aan die ouers gestuur en gesê berading sal vir die leerders voorsien word.

lesers wat enige inligting het, word gevra om Hoërskool Dirkie Uys by 022 433 2253 of Hoërskool Piketberg by 022 913 1134 te kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article