Carmen Rodgers en die meisies van Community without Borders.


Die ontwikkeling en vordering van die jeug lê Carmen Rodgers baie na aan die hart.

Dus het dié Langebaan-gemeenskapsaktivis ’n organisasie sonder winsoogmerk, genaamd Community without Borders, begin. Die doel van die organisasie is om jong meisies in die gemeenskap in die leiers van môre te vorm.

Die kinders kom twee keer per week bymekaar en neem deel aan programme soos brei, kooklesse, tuinmaak, sessies met die omgewingskundige Darryl Dreyer, jukskei aangebied deur Jakes Basson by Langebaan Jukskei, swemlesse deur die professionele afrigter Clinton Coomer, diereversorging deur Langebaan Animal Care en meer.

Rodgers wil ook graag dié organisasie se 40 lede aanstaande Vrydag (17 Mei) op ’n uitstappie Kaap toe neem.

“Ons het wel finansiering nodig om die jeug op hierdie opvoedkundige uitstappie te neem. Dit sal vir hulle verskillende opvoedkundige programme aanbied, wat insluit en wissel van omgewing, natuurlike medisyne en lewensvaardighede.”

Rodgers sê ook dit sal die kinders die geleentheid bied om uit die gebied te kom en meer te sien van wat buite die Weskus aangaan.

Skenkings sal help met die kostes van vervoer en kos. Skenkings in die vorm van kospakkies is ook welkom.

. Kontak Rodgers by 072 551 2182 om te help.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article