Die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) is van Vrydag 29 Maart tot Sondag 3 April op Oudtshoorn aangebied.

Die Kanna-pryse, ’n toekenningsgeleentheid wat tradisioneel na afloop van die fees erkenning gee aan uitsonderlike kreatiewe bydraes tydens die fees, sal weer Vrydag (22 April) in Kaapstad plaasvind.

Die onafhanklike Kanna-paneel met Rafiek Mammon as sameroeper het Gary Naidoo, Laetitia Pople, Diane de Beer, Alby Michaels, Marguerite Robinson en Robyn van de Rhede ingesluit.

“Ons, as onafhanklike paneel, sit letterlik elke oggend net voor agt al in ’n kamer en bespiegel oor die vyf tot ses stukke wat jy die vorige dag gesien het,” vertel Mammon.

“En elke oggend – tot en met die laaste dag van die fees – is gesprekke met passie, erns en liefde deurdrenk.”

Die gehalte van produksies by die KKNK is so goed dat die paneel letterlik geswoeg het om ’n kortlys van benoemdes onder die verskeidenheid waardevolle aanbiedings saam te stel.

Alle produksies op vanjaar se feesprogram het vir vanjaar se Kannas in 14 uiteenlopende kategorieë in aanmerking gekom, maar ’n Herrie- en twee ander spesiale pryse sal ook by die geleentheid hierdie naweek aangekondig word.

Vanjaar se benoemdes was:

Beste debuutwerk (musiek of teater):

Die halwe huis

• Karatara

• Ek, Anna van Wyk

• Terminaal 3

Beste teateraanbieding:

Karatara

• Ek, Anna van Wyk

• Op hierie dag

• Terminaal 3

Beste musiekaanbieding:

• Emo Adams en Take Note

• Nataniël: PRIMA DONNA

• Anna Davel: 21

Beste bydrae tot visuele kuns:

• Karin Preller vir die uitstalling Beyond Memory

• Dineke van der Walt as kurator van Rich in Fibre

• Die kunstenaar Nkensani Rihlampfu vir die uitstalling An orchestrated reality.

Talle ander stukke in ander kategorieë is ook vir die pryse benoem.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article