Die Lethemba Care Projects-span het 40 kinders van Louwville bederf deur hulle Woensdag 13 Desember Sunnypark toe te neem. ’n Groot dankie gaan aan Albie Boonzaaier, die eienaar van Sunnypark in Langebaan, wat vrye toegang en etes aan die kinders verskaf het, asook aan Kurt Paulse, die eienaar van Paulse Busdienste, vir die vervoer. Die span het op Saterdag 16 Desember ook kinders van Louwville met ’n Kerspartytjie bederf. Lethemba Care het ook besoek afgelê by die Vredenburg- provinsiale hospitaal se kinderafdeling, waar hulle lekkernypakkies, worsbroodjies en benodigdhede oorhandig het. Die dag is met ’n laaste stop in George Kerridge afgesluit waar hulle ook lekkernypakkies, klere en worsbroodjies uitgedeel het. Gerald Pieters, die stigter van die groep, bedank almal vir hul skenkings en finansiële hulp deur die jaar. Hy bedank ook sy span vir hul harde werk asook Weslander vir sy ondersteuning.


Kinders van Louwville bederf

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article