Die kinders van Siyabonga Care Village was baie opgewonde oor hul geskenke. Foto’s: Noluvu Ludidi


Die kinders van Siyabonga Care Village is bederf met ’n vroeë Kersfees toe Langebaan Country Estate (LCE) Dinsdag (13 Desember) Kers-geskenkbokse gaan aflaai het.

Jaarliks hou LCE lede en -personeel ’n gholfdag waar almal wat deelneem R200 skenk ten bate van die Santa Shoebox-projek. LCE het vantevore vir Siyabonga Care Village Kersgeskenke gegee en dié jaar was geen uitsondering nie met kinderhartjies wat oorgeloop het van blydskap. Elke geskenkboks het ’n tandeborsel, tandepasta, waslap, kledingstuk, lekkers, speelding en seep ingesluit.

Volgens Chrisna du Plessis, stigter van Siyabonga Care Village, beteken hierdie gebaar vreeslik baie vir die kinders. “Dit is vir ons ’n groot seëning en hoe wonderlik is dit nie om vir kinders ’n geskenk te gee wanneer hulle op vakansie gaan nie,” vertel du Plessis. “Ons sluit die jaar af op ’n hoë noot en dit is lekker om hulle so bly te sien. Die impak wat dit het, is vir ons ’n hoogtepunt.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article