Die negejarige Marly-Anne Boks van die plaas Rietfontein naby Aurora in die Bergrivier-munisipaliteit is dood nadat sy onder ’n trekker se wiele beland het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Weskus-polisiedistrik, het ’n 40-jarige familielid glo omstreeks 13:00 op Goeie Vrydag gaan sand oplaai.

’n Groepie kinders wou saam met hom ry en Marly-Anne en ’n maatjie het in die voorlaaibak geklim.

Met die aflaai van die sand het sy egter onder die trekker se wiele beland en is sy doodgery.

Haar oom het haar lewelose liggaampie huis toe geneem.

Die nooddienste is in kennis gestel, maar sy is met hul aankoms dood verklaar.

Die polisie se forensiese span was op die plaas om bewysstukke in te samel vir die ondersoek na die strafbare-manslag-saak wat die Laaiplek-polisie ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article