In sy 22ste bestaansjaar is die NG kerk Akkerdyk se Weskus-Kersmark weer eens iets op die kalender om na uit te sien.
Die Weskus-Kersmark het op Vrydag 13 Desember in die Skilpadsaal in Vredenburg begin met talle mense wat hul mandjies volgemaak het met verskeie geskenke en goedere vir die feestyd.
Volgens Anna Brand, organiseerder van die Kersmark, het die mark in sy eerste drie dae oor die langnaweek “ongelooflik goed” gevaar.
“Dit was die beste ooit; ons tel die mense soos hulle inkom en het tot 2 900 mense vir die eerste drie dae gehad wat die Kersmark besoek het,” vertel Brand.
Mense kan steeds die Kersmark besoek tot en met Maandag 23 Desember – weeksdae vanaf 10:00 tot 19:00, Saterdag 10:00 tot 18:00, Sondag gesluit en Maandag 10:00 tot 15:00.




