Die Volle Evangelie kerk van Vredenburg se stigterslede is Saterdag 2 Julie vereer. Die ouderlinge Baron Strauss en Paulus Basson tesame met hul gades het die leiding 49 jaar gelede geneem om die kerk te stig. By hulle is die eerste bekeerlinge, die ouderling Matthys Cloete en sy gade, asook die jare lange afgetrede oud-hoofouderling Dawid Hoffman sowel as die eerste lidmate. Wyle sr. Dina Petersen is deur haar dogter, Sharon Scholtz (’n raadslid), by die viering verteenwoordig.


Kerk vier stigterslede

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article