Na jare se geldinsameling het die NG kerk Hopefield uiteindelik ’n nuwe dak gekry. Dié herstelwerk het Dinsdag 29 Maart begin.

Izak Rust, voorsitter van die eiendomskommissie vertel dat die kerk al meer as 100 jaar oud is en dat die dak oor dié tydperk probleme begin gee het.

Die kerk moes ’n plan beraam om geld vir die herstel van die dak in te samel wat ’n paar rand kos. Meer as 10 jaar gelede het die geldinsamelingsprojekte begin deur die verkoop van koeksisters en pannekoeke.

Daar was ook ’n stap-en-dak-projek, wat deur die Joubert-paartjie van stapel gestuur is waaraan die gemeente en die kerk se dominee ook deelgeneem het. Dan was daar ook ’n borg-’n-dakplaat-projek van stapel gestuur om geld in te samel. Volgens Rust was elke projek wat gehou is ’n reusesukses en die kerk wil almal bedank wat bygedra en borgskappe gegee het.

“Die herstel van die dak is definitief goeie nuus vir ons en ’n groot verligting. Nou kan ons weer aandag aan ander noodsaaklike projekte gee,” vertel Rust. Hy wil ook graag die boere wat koring gegee het bedank asook vir Prinro.

“Weer eens dankie aan almal en dit is net die Here se genade.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article