Vergeet van ’n vervelige vaal slaaitjie – probeer liewer hierdie heerlike kekerertjieslaai.
Bestanddele:
2 blikkies kekerertjies, afgespoel en gedreineer
1 medium rooi soetrissie, gekap
1½ koppies gekapte vars pietersielie
½ koppie gekapte rooi ui
½ koppie gekapte seldery
3 eetlepels suiwer olyfolie
3 eetlepels suurlemoensap, of meer na smaak
2 knoffelhuisies, uitgedruk of fyngemaak
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
Metode:
Voeg alles bymekaar en meng goed. Meer suurlemoensap asook die sout en peper kan bygevoeg word na smaak.
Sit onmiddellik voor en geniet!
Bron: Cookie+Kate.com





