’n Suksesvolle Kansa-kankeroorwinnaargeleentheid is Saterdag 17 September by die Vredenburg NG kerk Ou Stalle gehou. Omtrent 30 kankeroorwinnaars het die dag bygewoon. Die hoofborg vir die dag was Umoya Energy, wat Kansa gehelp het om komberse vir elke kankeroorwinnaar uit te deel. Leonore Celento, ’n Kansa-vrywilliger, sê hulle is ook baie dankbaar vir al die ander skenkings wat hulle ontvang het. “Kansa-vrywilligers is die rots waarop Kansa se dienste gebou word,” voeg Celento by. Die pienk lap wat gebruik word om borskanker te verteenwoordig, is ook by Celento beskikbaar. Om jou lap te kry, kontak haar by 068 5221 459.Foto:


Kankeroorwinnaars vier borskankerbewustheidsmaand

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article