Hoërskool Hopefield se splinternuwe kafeteria is Woensdag 16 November met groot feestelikheid geopen. Die naam van die kafeteria is die Rover Stopover en dit is opgedra aan die skoolhoof, Wehan Fourie (regs), wat ’n passie vir Land Rovers het. Volgens dié skool gaan die kuierplek vir seker ’n hoogtepunt vir elke leerder van die skool wees. Die skool salueer die projekbestuurder, Jaco Slabber (links), sy span, asook die leerders en ouers wat die droom met hul harde werk en onvermoeide geldinsamelings laat waar word het.


Kafeteria ‘kry wiele’

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article