Die Vredenburg-jukskeiklub het onlangs verskeie klubs vir die eerste Weskus-jukskeidistrik-ligadag verwelkom.

Saterdag (21 Januarie) het die plaaslike klub, wat al twee jaar aan die gang is, die spelers by die Vredenburg-sportterrein onthaal. Langebaan, Citrusdal, Moorreesburg, Vredenburg en die weermag se jukskeiklub het weer teen mekaar vir die trofee te staan gekom.

Sestien spanne het onderskeidelik in die A-, B-, C- en D-afdelings meegeding.

Die klubs het nie net om die trofee meegeding nie – keuring vir die distrikspanne is ook gedoen. Die spanne sal later vandeesmaand aan die gesogte MP Prinsloo-toernooi deelneem wanneer dit aanstaande Saterdag (4 Februarie) in Beaufort-Wes aan die beurt kom.

Agt provinsies/distrikte sal aan dié kompetisie deelneem.

Die keurders van die Weskus-jukskeidistrik het ses spanne met altesaam 24 spelers gekies om aan die toernooi deel te neem.

Martin Pieter, die voorsitter van die streek, het elke lid vir die dag sterkte toegewens. “Mag jukskei aan die einde van die dag die wenner wees.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article