Juan Boucher tree Donderdag 28 Desember by Club Mykonos op. Juan is met rede een van Suid-Afrika se gewildste musikante. Sy musiek het die vermoë om jou dansvloer toe te sleep, sy stem skuur soos honderdgreinskuurpapier oor die klank van elektriese kitare en met sy lirieke deel hy digterlik en opreg sy eie lewenservaring. Kaartjies kos R250 per persoon en kan by www.quicket.co.za bespreek word. Deure maak 19:00 oop en daar sal ’n kontantkroeg wees.


Juan slaan vakansie-blues hok

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article